Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Uittreksel uit "voor ek vergeet"
Uittreksel uit "voor ek vergeet" [boodskap #100235 is 'n antwoord op boodskap #100240] |
Wo, 10 November 2004 13:39 |
Vusi
Boodskappe: 2211 Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Uittreksel uit Andre P. Brink se nuutste [voor ek vergeet] - "Rapport" 24
Okt. 2004
"Op 'n dag het ek op skool die woord kont gehoor, sonder dat ek die vaagste
benul gehad het van wat dit beteken. Al wat ek vermoed het, was dat dit 'n
beter vloekwoord as die meeste ander was - en een naweek het ek kans gekry
om dit op die proef to stet. Dit was toe ek my humeur verloor het oor Thys,
een van die min maters wat partykeer toegelaat was om by my to kom speel, 'n
klein groen ossewaentjie gebreek het wat ek die vorige Kersfees gekry het.
"Jou kont!" het ek vir hom geskreeu."Jou kont,jou kont,jou kont! Kyk wat het
jy aangevang!" Pa, wat besig was om onder in die tuin die sifdraad van die
hoenderhok heel to maak, het dit gehoor. Thys is met 'n paar stywe klappe
weggejaag oor die skade wat by aangerig het; en daarna is ek aan my
linkeroor die huffs ingesleep. Ek is aangesê om my kerkklere to gaan
aantrek, das en skoene en al.
Pa was 'n vreeslike man as dit by dissipline kom, en daar was 'n vaste
ritueel vir straf. Ek sou na sy studeerkamer geneem word, en dan sou Mam ook
ingeroep word. Daarna word 'n passasie uit die Woord voorgelees, gewoonlik
iets uit Spreuke (Wie sy roede terughou, haat sy seun; maar by wat liejhet,
besoek hom met tugtiging; of - met 'n vermanende blik in Mam se rigting -
Die roede en die bestrafjing gee wysheid; maar 'n seun wat aan homself
oorgelaat word, steek sy moeder in die skande), gevolg deur 'n gebed,
waarvan die lengte en dringendheid my 'n taamlik goeie idee gegee het van
die straf wat voorle. Na'n lang uitgerekte A-a-a-a-a-men moes ons vir eers
gekniel bly staan terwyl God stilletjies vir Pa voorse wat hom to doen
staan. Daarna moes ek die moordtuig gaan haal - belt, riem, klerehanger, of
peerboomlat - my broek aftrek en oor die rand van sy lessenaar buk. Die was
verreweg die mees vernederende gedeelte van die hele proses. Terwyl by
slaan, moet ek die houe tel. En wanneer dit alles uiteindelik verby is, moet
ek om een of ander duistere rede vir Mam 'n soen gaan gee, en vir Pa dankie
sê. Enige gebrek aan hartgrondige oortuiging in my dankbetuiging kan daartoe
lei dat die straf verdubbel word.
Op daardie besondere dag was die opdrag om my kerkklere to gaan aantrek al
klaar vreesaanjaend genoeg; maar by het my ten minste nie beveel om my broek
uit to trek nie. Tensy, het ek met vrees en bewing gedink, die aantrek van
die Sondagpak die uittrekkery des to gewigter moes maak. Mam is ontbied, en
ons het almal in die studeerkamer vergader. Die oortreding was klaarblyklik
veels te ernstig vir 'n ordinere pak slae. My hart het gespartel soos 'n
voeltjie vat uit 'n wip gehaal word. Ek was bang die ding ruk los en broek
by my keel uit en vlieg weg.
My pa het 'n bitterlike lang stuk uit die Bybel voorgelees. Mam, wat
vroegtydig in'n fluisterstem ingelig is omtrent die omvang van die misdaad,
het luidrugtig haar neus in haar sakdoek gesit en blaas. Eers jare daarna
het ek begin wonder of sy dalk haar lag probeer verbloem het.
Ek is indringend uitgevra oor die woord wat ek gebruik het: waar ek dit
gehoor het, wie dit gebruik het en teenoor wie, en wat ek van die betekenis
begryp het. Daarna moes ons aantree om to kniel vir die foltering deur
gebed. Die laaste Amen is gevolg deur 'n langdurige stilte. Toe het ons
almal weer gaan sit.
Op lange laaste het my pa gesê: "Nou kyk, Chris, God het dit aan my duidelik
gemaak dat jy die woord in onkunde op jou lippe geneem het en dat jy geen
besef het van die ware omvang van die sonde wat jy gepleeg het nie." Ek kon
my ore nie glo nie. Hy het voortgegaan: "Die woord wat jy gebruik het, en
wat nooit ooit weer oor jou lippe mag kom nie, of dit nou in my
teenwoordigheid is of nie - moenie vergeet dat God alomteenwoordig is om to
hoor nie - is een van die verskriklikste en liederlikste op hierdie sondige
aarde waar ons woon. Dit kom reguit uit die hel en dit ruik na vuur en
swael." Ek het onwillekeurig gesnuif, maar kon geen snuf in die neus kry
nie. "Die rede waarom dit so verskriklik is," het by gesê terwyl by sy stem
tot 'n fluistering laat sak, "is omdat dit verwys na daardie deel van 'n
vrou se liggaam wat ons nie by die naam noem nie." Hy het sy keel
skoongemaak en stilgebly. Sy gesig het verdonker tot 'n diep eers, soos die
lelle van 'n kalkoenmannetjie, 'n beeld waaraan ek juis toe liewer nie sou
wou gedink het nie. Uiteindelik het hy, skaars hoorbaar, geprewel: "Dit, my
seun, verwys na 'n vrou se fielemandorus." Hy het weer stilgebly en die
woord kans gegee om diep in te sink; voordat by dit weer langsaam herhaal
het, lettergreep vir lettergreep, amper met welbehae: "Fie-leman-do-rus."
Toe het by orent gekom, die Bybel nog in sy groot hand met die donker
haarkwassies op die vingerlitte, en Mam het ook opgestaan, haar wange
bloedrooi, en albei van hulle het stilswyend na my afgekyk, en toe het by
gese: "Nou kan jy maar gaan. Dink daaroor."
Vir die res van my levee het ek nog maar selde aan iets anders gedink."
|
|
|
Re: Uittreksel uit "voor ek vergeet" [boodskap #100240 is 'n antwoord op boodskap #100235] |
Wo, 10 November 2004 06:21 |
Dingus
Boodskappe: 187 Geregistreer: Oktober 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Wie die hel is Andre P. Brink, en wat is 'n kont?
"Jonas" skryf in boodskap news:cms64q$cn5$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Uittreksel uit Andre P. Brink se nuutste [voor ek vergeet] - "Rapport" 24
> Okt. 2004
>
>
>
> "Op 'n dag het ek op skool die woord kont gehoor, sonder dat ek die vaagste
> benul gehad het van wat dit beteken. Al wat ek vermoed het, was dat dit 'n
> beter vloekwoord as die meeste ander was - en een naweek het ek kans gekry
> om dit op die proef to stet. Dit was toe ek my humeur verloor het oor Thys,
> een van die min maters wat partykeer toegelaat was om by my to kom speel, 'n
> klein groen ossewaentjie gebreek het wat ek die vorige Kersfees gekry het.
> "Jou kont!" het ek vir hom geskreeu."Jou kont,jou kont,jou kont! Kyk wat het
> jy aangevang!" Pa, wat besig was om onder in die tuin die sifdraad van die
> hoenderhok heel to maak, het dit gehoor. Thys is met 'n paar stywe klappe
> weggejaag oor die skade wat by aangerig het; en daarna is ek aan my
> linkeroor die huffs ingesleep. Ek is aangesê om my kerkklere to gaan
> aantrek, das en skoene en al.
>
> Pa was 'n vreeslike man as dit by dissipline kom, en daar was 'n vaste
> ritueel vir straf. Ek sou na sy studeerkamer geneem word, en dan sou Mam ook
> ingeroep word. Daarna word 'n passasie uit die Woord voorgelees, gewoonlik
> iets uit Spreuke (Wie sy roede terughou, haat sy seun; maar by wat liejhet,
> besoek hom met tugtiging; of - met 'n vermanende blik in Mam se rigting -
> Die roede en die bestrafjing gee wysheid; maar 'n seun wat aan homself
> oorgelaat word, steek sy moeder in die skande), gevolg deur 'n gebed,
> waarvan die lengte en dringendheid my 'n taamlik goeie idee gegee het van
> die straf wat voorle. Na'n lang uitgerekte A-a-a-a-a-men moes ons vir eers
> gekniel bly staan terwyl God stilletjies vir Pa voorse wat hom to doen
> staan. Daarna moes ek die moordtuig gaan haal - belt, riem, klerehanger, of
> peerboomlat - my broek aftrek en oor die rand van sy lessenaar buk. Die was
> verreweg die mees vernederende gedeelte van die hele proses. Terwyl by
> slaan, moet ek die houe tel. En wanneer dit alles uiteindelik verby is, moet
> ek om een of ander duistere rede vir Mam 'n soen gaan gee, en vir Pa dankie
> sê. Enige gebrek aan hartgrondige oortuiging in my dankbetuiging kan daartoe
> lei dat die straf verdubbel word.
>
> Op daardie besondere dag was die opdrag om my kerkklere to gaan aantrek al
> klaar vreesaanjaend genoeg; maar by het my ten minste nie beveel om my broek
> uit to trek nie. Tensy, het ek met vrees en bewing gedink, die aantrek van
> die Sondagpak die uittrekkery des to gewigter moes maak. Mam is ontbied, en
> ons het almal in die studeerkamer vergader. Die oortreding was klaarblyklik
> veels te ernstig vir 'n ordinere pak slae. My hart het gespartel soos 'n
> voeltjie vat uit 'n wip gehaal word. Ek was bang die ding ruk los en broek
> by my keel uit en vlieg weg.
>
> My pa het 'n bitterlike lang stuk uit die Bybel voorgelees. Mam, wat
> vroegtydig in'n fluisterstem ingelig is omtrent die omvang van die misdaad,
> het luidrugtig haar neus in haar sakdoek gesit en blaas. Eers jare daarna
> het ek begin wonder of sy dalk haar lag probeer verbloem het.
>
> Ek is indringend uitgevra oor die woord wat ek gebruik het: waar ek dit
> gehoor het, wie dit gebruik het en teenoor wie, en wat ek van die betekenis
> begryp het. Daarna moes ons aantree om to kniel vir die foltering deur
> gebed. Die laaste Amen is gevolg deur 'n langdurige stilte. Toe het ons
> almal weer gaan sit.
>
> Op lange laaste het my pa gesê: "Nou kyk, Chris, God het dit aan my duidelik
> gemaak dat jy die woord in onkunde op jou lippe geneem het en dat jy geen
> besef het van die ware omvang van die sonde wat jy gepleeg het nie." Ek kon
> my ore nie glo nie. Hy het voortgegaan: "Die woord wat jy gebruik het, en
> wat nooit ooit weer oor jou lippe mag kom nie, of dit nou in my
> teenwoordigheid is of nie - moenie vergeet dat God alomteenwoordig is om to
> hoor nie - is een van die verskriklikste en liederlikste op hierdie sondige
> aarde waar ons woon. Dit kom reguit uit die hel en dit ruik na vuur en
> swael." Ek het onwillekeurig gesnuif, maar kon geen snuf in die neus kry
> nie. "Die rede waarom dit so verskriklik is," het by gesê terwyl by sy stem
> tot 'n fluistering laat sak, "is omdat dit verwys na daardie deel van 'n
> vrou se liggaam wat ons nie by die naam noem nie." Hy het sy keel
> skoongemaak en stilgebly. Sy gesig het verdonker tot 'n diep eers, soos die
> lelle van 'n kalkoenmannetjie, 'n beeld waaraan ek juis toe liewer nie sou
> wou gedink het nie. Uiteindelik het hy, skaars hoorbaar, geprewel: "Dit, my
> seun, verwys na 'n vrou se fielemandorus." Hy het weer stilgebly en die
> woord kans gegee om diep in te sink; voordat by dit weer langsaam herhaal
> het, lettergreep vir lettergreep, amper met welbehae: "Fie-leman-do-rus."
> Toe het by orent gekom, die Bybel nog in sy groot hand met die donker
> haarkwassies op die vingerlitte, en Mam het ook opgestaan, haar wange
> bloedrooi, en albei van hulle het stilswyend na my afgekyk, en toe het by
> gese: "Nou kan jy maar gaan. Dink daaroor."
>
> Vir die res van my levee het ek nog maar selde aan iets anders gedink."
>
|
|
|
|
Re: Uittreksel uit "voor ek vergeet" [boodskap #100247 is 'n antwoord op boodskap #100246] |
Wo, 10 November 2004 19:12 |
Dingus
Boodskappe: 187 Geregistreer: Oktober 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"DD" skryf in boodskap news:i7n4p099tnltvqu4quqp4j7arf5s4qcl9a@4ax.com...
> On Wed, 10 Nov 2004 19:21:25 +1300, "Dingus"
> wrote:
>
>> Wie die hel is Andre P. Brink, en wat is 'n kont?
>>
>
> 'n vrou se fielemandosus, jou stupid. MAW haar dingus
>
> DD
>
>
... ek sien, - Andre P. Brink is 'n fielemandosus. Maar wat is 'n kont?
|
|
|
Re: Uittreksel uit "voor ek vergeet" [boodskap #100248 is 'n antwoord op boodskap #100247] |
Wo, 10 November 2004 19:19 |
DD
Boodskappe: 1166 Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Thu, 11 Nov 2004 08:12:41 +1300, "Dingus"
wrote:
> "DD" wrote in message
> news:i7n4p099tnltvqu4quqp4j7arf5s4qcl9a@4ax.com...
>> On Wed, 10 Nov 2004 19:21:25 +1300, "Dingus"
>> wrote:
>>> Wie die hel is Andre P. Brink, en wat is 'n kont?
>>>
>> 'n vrou se fielemandosus, jou stupid. MAW haar dingus
>> DD
> ... ek sien, - Andre P. Brink is 'n fielemandosus. Maar wat is 'n kont?
>
nee, dis andersom. Ek dink Andre P. Brink het in een van die Schuster
films gespeel. (Nie andersom soos in Brink P Andre nie)
DD
|
|
|
Re: Uittreksel uit "voor ek vergeet" [boodskap #100251 is 'n antwoord op boodskap #100247] |
Wo, 10 November 2004 19:27 |
DD
Boodskappe: 1166 Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Thu, 11 Nov 2004 08:12:41 +1300, "Dingus"
wrote:
> "DD" wrote in message
> news:i7n4p099tnltvqu4quqp4j7arf5s4qcl9a@4ax.com...
>> On Wed, 10 Nov 2004 19:21:25 +1300, "Dingus"
>> wrote:
>>> Wie die hel is Andre P. Brink, en wat is 'n kont?
>>>
>> 'n vrou se fielemandosus, jou stupid. MAW haar dingus
>> DD
> ... ek sien, - Andre P. Brink is 'n fielemandosus. Maar wat is 'n kont?
>
> Z.T. Niemand 1903
> Hierdie versie kan gesing word aan die
> wysie 'Die Donkie is 'n wonderlike ding'.
> Die boontjie, O die boontjie
> die boontjie is 'n wonderlike ding...
As André P Brink 'n fielemandosus is.
beantwoord dit ook sommer die res van jou vraag.
(Is die tune 'n André P Brink song?)
|
|
|
|
|
Re: Uittreksel uit "voor ek vergeet" [boodskap #100262 is 'n antwoord op boodskap #100253] |
Do, 11 November 2004 14:46 |
Max
Boodskappe: 1496 Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"@rogers.com" skryf in boodskap news:9IKdnbfQNsikEw_cRVn-vQ@rogers.com...
>
> "K0BBE" skryf
>
>> Kont is Nederlands voor achterwerk, zitvlak.
>
>
> Nee, ek dink jy het die kat aan die stert beet.
>
> Penkop in die agterstraat
>
Of dan in Hollands: Hy't die poes aan die kont beet!
|
|
|
Re: Uittreksel uit "voor ek vergeet" [boodskap #100264 is 'n antwoord op boodskap #100240] |
Do, 11 November 2004 15:05 |
bouer
Boodskappe: 4795 Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
> Uittreksel uit Andre P. Brink se nuutste [voor ek vergeet] - "Rapport" 24
> Okt. 2004
"Fie-leman-do-rus."
Dankie Jonas. Ek het dit werklik geniet. Ek moet seker die
hele ding aanhaal, sodat Ferdi dit ook kan lees, aangesien
jy nou op sy swartlys is.
Ek het al vantevore gepraat oor die woord in ons familie
wat vir beide die manlike en vroulike organe gebruik word.
"Koekedoesie." Dit kom nie uit my man se familie uit nie,
dus moet ek aanneem dat dit van my moederskant in ons
familie ingekom het ( hulle was oorspronklik van Robertson
in die Boland) of van my vaderskant (wat uit Namakwaland
kom.) Ek vra weer, ken iemand anders hierdie uitdrukking?
Dis vreeslik handig om 'n woord te hê wat vir beide geslagte
dieselfde is, veral as jy met klein kindertjies praat. En dis 'n
woord wat maklik versprei. Toe my kinders kleiner was,
was dit nie lank nie, toe gebruik Donald Forrestell bo in die
straat ook die woord, al is sy familie al vir geslagte en geslagte
in Kanada. En julle moet hoor met hoe 'n oulike ligte Franse
aksent my vyfjarige kleindogter die woord sê.
Gloudina
|
|
|
|
|
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [ ]
Tyd nou: Vr Nov 22 23:24:04 MGT 2024
|